Bepalings en Voorwaardes
- Die karkas sal by die Synergi stalletjie by die Biltongfees op 30 Julie 2022 tussen 08:00 en 17:00 ten toon gestel word.
- Om vir die kompetise in te skryf, moet deelnemers registreer en antwoord deur middel van hul besigheidskaartjie of die QR-kode aktiveer.
- Daar is 2 stappe om in vir die prys in aanmerking te kom: beantwoord die vrae:
1. Watter dier se karkas is dit en
2. Wat is jou skatting van die gewig van die karkas in .4 desimale soos byvoorbeeld: 22.4586 kg.
- Die kompetisie sal op Saterdag 30 Julie vanaf 08:00 tot 17:00 duur.
- Die wenner sal bepaal word deur: die regte antwoord op die eerste vraag en tweedens moet jou geskatte gewig die naaste aan die korrekte gewig wees.
- Sleg een inskrywing per persoon sal toegelaat word.
- Tussen 17:00 en 18:00 sal die wenner gekontak word.
- Die wenner sal bepaal word deur gebruik te maak van ‘n Google blad wat bepaal watter van die korrekte antwoorde op die eerste vraag ook die naaste korrekte gewig bepaal het.
- Die wenner sal na die inweeg deur die Synergi Verkoopsbestuurder geskakel word deur middel van ‘n selfoonoproep vanaf die nommer 081 239 7664
- Die wenner moet sy karkas op Maandag 1 Augustus tussen 08:00 en 17:00 by die Bushwackers-slaghuis afgehaal word (identifikasie van die persoon moet getoon word, slegs die bepaalde wenner self sal toegelaat word om die karkas te ontvang.
- Vervoer van die karkas en die opsny en prosessering daarvan sal op die wenner se eie onkoste gedoen moet word.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal slegs EEN wenner wees.
- Geen van Bushwackers of Synergi se personeel mag inskryf vir die kompetisie nie.
- Vraag 2 moet slegs 'n numeriese antwoord wees, enige ander antwoord sal nie nietig wees nie.